Gendertransisie

Gendertransisie is die proses om 'n mens se genderuitbeelding of geslagseienskappe te verander om oor te stem met sy innerlike sin van genderidentiteit – die idee van wat dit beteken om 'n man of vrou te wees,[1] of om niebinêr of genderqueer te wees. Vir transgender en transseksuele mense behels dié proses gewoonlik heraanwysingsterapie (wat hoormoonvervanging en/of chirurgie kan behels). Transisie is egter nie noodwendig medies van aard nie. Fopdossers sal gewoonlik nie 'n transisie ondergaan nie, want hulle genderuitbeelding is dikwels net tydelik van aard.

Transisie begin by 'n besluit om dit te ondergaan, wat aangevuur word deur die gevoel dat jou genderidentiteit nie ooreenstem met die geslag waarvolgens jy by geboorte geklassifiseer is nie. Transisie kan maande of jare duur. Sommige mense, veral niebinêre of genderqueer mense, kan hulle hele lewe deur 'n transisie ondergaan en hulle gender mettertyd voortdurend herdefinieer en hervertolk. Transisie begin gewoonlik waar die persoon die meeste op sy gemak voel: soms tuis en soms tussen vriende. Daarna kan die werkplek aan die beurt kom.

  1. Brown, M. L. & Rounsley, C. A. (1996) True Selves: Understanding Transsexualism – For Families, Friends, Coworkers, and Helping Professionals Jossey-Bass: San Francisco ISBN 0-7879-6702-5

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search